Die Kerke-Konferensie: Waarom?
Volgens ons belydenis (NGB art 29) word die ware kerk daaraan uitgeken dat hy in alle opsigte aan die Woord van HERE Jesus Christus gehoorsaam is (vgl Joh 15). So is die kerk in die gedrag van sy lidmate individueel en in haar samekomste 'n preserverende en smaakgewende sout vir die aarde en 'n lewegewende lig vir die węreld (Matt 5). Dit doen hy deur volhardend te bly by die suiwer verkondiging van die Bybel as geïnspireerde Woord van God, die suiwer bediening van die sakramente asook die suiwer bediening van die Christelike dissipline.
Wanneer daar dan, soos dit tans weer die geval is, skerp teenoorstaande standpunte en praktyke gebruik word in verband met bogenoemde kenmerke, bly dit ons roeping om steeds blymoedig en dankbaar te getuig van die gereformeerde godsdiens waarin ons staan, die ontdekking en bewaring van die onverganklike waarheid van God se openbaring wat altyd aktueel bly. So moet ons duidelik leiding gee te midde van verwarrende teenoorgesteldes.
Vanuit die Bybel as geďnspireerde en onfeilbare Woord van God, en in ooreenstemming met die Drie Formuliere van Eenheid wat as belydenisse in die Gereformeerde Kerke dien as suiwer vertolking van God se Woord, erken ons as meewerkende kerke, Jesus Christus as Hoof van sy kerk (Ef 1:22; Sondag 21 H.K. en NGB art 31).
Hierdie beheersende plek van ons Hoof en Koning word tans deur sekere Sinodebesluite misken en deur sekere kerklike gebruike binne die GKSA verdring. Die gevolg is dat gemeentes in die betrokke besluite en praktyke van haar ryke gemeenskap met Christus en die ryke voeding van die Bybel beroof word.
Die kerklike weg?
Die vraag word nou gevra of daar dan nie reeds 'n normale kerklike weg is om sake uit te klaar en gesagvol besluite te neem nie. Ons omhels van harte hierdie kerklike weg om beskrywingspunte en beswaarskrifte by die bestaande meerdere vergaderings te laat dien. Daarmee was en is ons aktief besig. Dit is egter ook n werklikheid dat die sake wat so op die kerklike weg behandel word, meestal in afgetrapte verteenwoordiging plaasvind sodat 'n groter deel van lidmate in die deelname daarvan uitgeskakel is. Intussen is dit nodig om mekaar van hulp te wees in die besinning oor die sake wat beroering in die kerke veroorsaak. Daarom is dit hoogstens die gedagte dat hierdie konferensie nadere toeligting oor sake wil opdiep, dat die uitkomste hiervan nie op kerklike gesag wil aanspraak maak nie, maar tog 'n nederige getuienis van die Gereformeerde godsdiens wil lewer.
Ds Sarel Cilliers Ds Hennie Momberg Pretoria, 5 Maart 2005
|
Openingsrede: DIE ROTS MET DIE KERK DAAROP Ds SA Cilliers (Voorsitter) Waterberg"Oor die Rots waarop die kerk gebou is, mag daar by ons geen onsekerheid wees nie, want dit gaan oor die grondslag van die kerk. Daarsonder is die Kerk geen kerk nie." Laai hier af |
IN HULLE (DIE PROFETE) HET DIE GEES VAN CHRISTUS VOORUIT GETUIG ... (1 Petrus 1:11) Dr Victor d'Assonville"Die gereformeerde belydenis het in sy diepste wese nog altyd rekening daarmee gehou dat ons hele geloof (soos ontvang van ons Here, Ef 2) op die spel is, al dink ons (verkeerdelik) dit handel net oor iets hier of iets daar. Daarom was daar binne die gereformeerde belydenis nog nooit die teenstrydigheid tussen geloof en bely, tussen die Woord en die belydenisskrifte, tussen God in Christus en sy Woord nie." Laai hier af |
REFORMASIE IN DIE LITURGIE Ds Hennie Momberg"Volgens Openbaring 3 was daar in die gemeente van Laodicea n ernstige probleem. Hulle was in hulle erediens met selfmoord besig omdat hulle met hulle godsdienstigheid Christus verdring het." Laai hier af |
CHRISTUS-REGERING IN DIE KERK VAN CHRISTUS Ds Gerard Meijer"Selftug en tug in die gemeente moet in lyn wees met tug in die kerkverband" Laai hier af |
| BUNDEL VAN VOORDRAGTE Laai hier af |
Konferensieprogram Program van verrigtinge soos gebruik tydens die byeenkoms op 5 Maart2005Laai hier af |
| Indien u sukkel om die dokumente af te laai, kliek hier |
|